top of page

Ouma se Vrek lekker broodjie

Updated: May 15

Hierdie sagte, heerlike broodjies is perfek vir sop, braai, ontbyt of sommer net met lekker botter šŸ˜


Die resep maak 2 broodjies – jy kan dit gerus halveer.


Bestanddele:

  • 8 koppies meel

  • 1 pakkie gis

  • 30ml olie

  • 2 teelepels suiker

  • 2 teelepels sout

  • 900ml lou water

Metode:

  1. Voeg al die bestanddele saam in ’n groot mengbak.

  2. Roer alles goed deur totdat die deeg mooi bymekaar kom.

  3. Knie die deeg vir ongeveer 15 minute totdat dit glad en elasties is.

  4. Bedek die deeg en laat dit rys op ’n warm plek totdat dit dubbel die grootte is.

  5. Verdeel die deeg in 2 broodpanne en maak mooi gelyk.

  6. Laat die deeg weer rys totdat die panne mooi vol is.

  7. Bak by 180°C vir ongeveer 35–45 minute of totdat die broodjies goudbruin is.

  8. Smeer bietjie botter oor die warm broodjies vir daardie sagte, lekker kors šŸ˜

Mmm… Vrek lekker! šŸžāœØ





Ā 
Ā 
Ā 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page