Vrek Lekker Resepteboek
Van my kombuis na joune
PRE-ORDER NOU
Hierdie resepteboek is meer as net ’n versameling resepte – dit is ’n stukkie van my kombuis wat ek met jou deel.
Vrek Lekker – Van my kombuis na joune is gevul met resepte wat ek self graag maak, ou familieresepte wat oor jare saam met ons gekom het, maklike gunstelinge vir besige dae, lekker bederfies én natuurlik ’n paar Vrek Lekker-resepte.Van Ouma se melktert en broodjie tot souskluitjies, malvapoeding, vetkoek, bobotie, fudge-kaaskoek en maklike drukkoker-etes – hierdie is ’n boek wat gemaak is om gebruik te word, nie net om op die rak te staan nie.
Van die resepte wat jy binne-in sal kry:Ouma se melktert vulsel • Ouma se broodjie • Ouma se veelsydige tertkors • Ouma se verjaarsdagkoek • Karamel-botter versiersel • Ouma se pannekoek • Ouma se skep-skons • Ouma Groot se souskluitjies • Ouma se kerrievis • Ouma se sagopoeding • Ouma se blikpoeding • Ouma se vyekonfyt • Ouma se karringmelkbeskuit
Sjokolade-souspoeding • Malvapoeding • Ryspoeding • Brandewyn-sjokoladekoek • Sjokoladekoek • Piesangbrood • Vrek Lekker kruisbolletjies • Karamel-en-room-rolkoek • Vrek Lekker brownies • Gemmerkoekies • Ystervarkies • Kitspoeding-botterkoekies • Sjokolade-hawermoutkoekies • Maklike skuimpies • Marie-beskuitjie-sjokoladeblokkies • Sjokolade-skyfiekoekies • Muffinmengsel-koekies • Maklike Turkse lekkers • Plaatkoekies • Maklike pannekoek
Kaaskoek • Vlaskyfies • Malvalekker-pynappeltert • Hertzogtertjies • Lemon meringue • Maklike pepermenttert • Maklike jogurttert • Vrek Lekker crème brûlée • Trifle • Amarula® tiramisu
Vrek Lekker fudge-kaaskoek • Fudge-kolwyntjies • Fudge-koekies
Tuna-tert • Vrek Lekker vetkoek • Souttert • Vrek Lekker bobotie • Romerige aartappelsop • Pampoenkoekies • Aartappelslaai • Knoffelbotter-broodrolletjies • Biltong-en-kaasbrood
Drukkoker-lasagne • Drukkoker-beesbredie • Drukkoker-makaroni en kaas
’n Bietjie soet, ’n bietjie sout, ’n bietjie nostalgie – en baie Vrek Lekker.Hierdie is ’n hardekopie-resepteboek en sal nie digitaal beskikbaar wees nie.
Belangrik: Hierdie produk is tans op PRE-ORDER. Indien jy ander produkte saam met jou resepteboek bestel, sal jou volledige bestelling saam versend word sodra die resepteboek gereed is.
Van my kombuis na joune – ek hoop hierdie resepte maak net soveel lekker herinneringe in jou huis as wat hulle in myne gemaak het.
top of page
ZAR 295.00Price
0/500
Expected to ship - 20 October 2026
No Reviews YetShare your thoughts.
Be the first to leave a review.
bottom of page

