top of page

Chocolate Chip Koekies

Bestanddele

  • 227 g gesoute botter, sag

  • 200 g wit suiker

  • 220 g ligte bruinsuiker

  • 2 groot eiers

  • 10 ml vanilla essence

  • 375 g koekmeel

  • 5 ml koeksoda

  • 2,5 ml bakpoeier

  • 5 ml sout

  • 250 g chocolate chips

  • 100 g gewone sjokolade, grof opgekap


Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.

  2. Room die botter, wit suiker en bruinsuiker saam in ’n mengbak tot lig en romerig.

  3. Sif in ’n aparte bak die koekmeel, koeksoda, bakpoeier en sout saam.

  4. Meng die eiers en vanilla saam en voeg dit by die botter-en-suikermengsel. Meng goed.

  5. Voeg die droë bestanddele geleidelik by die bottermengsel en meng tot net gekombineer.

  6. Voeg die 250 g chocolate chips en 100 g opgekapte sjokolade by en meng goed deur.

  7. Rol of skep die deeg in balletjies en plaas dit, met genoeg spasie tussenin, op ’n uitgevoerde bakplaat.

  8. Bak vir 8–10 minute teen 180°C. Die koekies moet nog effens sag in die middel lyk wanneer hulle uit die oond kom.

  9. Laat hulle vir ’n paar minute op die bakplaat afkoel voordat jy hulle afhaal.


Laat afkoel en geniet! 🤎🍪



The Taster Pack
FromZAR 50.00
Buy Now

 
 
 

Comments


bottom of page