top of page

Ryspoeding

Sep 6
1 min read

Bestanddele:

  • ½ koppie witrys

  • 2 koppies melk

  • ½ koppie water

  • ¼ koppie suiker

  • 1 eetlepel botter

  • 1 teelepel vanieljegeursel

  • Knippie sout

  • 1 eier

  • Kaneelsuiker vir bo-oor


  1. Gooi die rys, water en sout in ’n pot en kook stadig totdat die meeste water ingetrek het.

  2. Voeg die melk by en kook oor lae hitte vir ongeveer 20–30 minute, terwyl jy gereeld roer, totdat die rys sag en lekker romerig is.

  3. Voeg die suiker, botter en vanielje by en roer deur.

  4. Klits die eier in ’n aparte bakkie. Voeg ’n paar lepels van die warm ryspoeding stadig by die eier terwyl jy klits.

  5. Gooi die eiermengsel terug by die ryspoeding en roer oor lae hitte vir 2–3 minute totdat dit verdik. Moenie dit laat kook nie.

  6. Skep in bakkies en strooi lekker kaneelsuiker bo-oor.


Wenk: As jy van ’n baie romerige ryspoeding hou, voeg aan die einde ’n klein skeutjie ekstra melk of 2–3 eetlepels kondensmelk by.


 
 
 

Comments


bottom of page