Ouma se pannekoek
- Vrek lekker

- Aug 16
- 1 min read
Bestanndele:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel sout
2 eiers, geskei
¾ koppie melk
¼ koppie water
1 teelepel suurlemoensap of asyn
½ koppie olie (125 ml)
Metode
Sif 1 koppie meel, 1 teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout saam in ’n mengbak.
Klits die 2 eiergele, ¾ koppie melk, ¼ koppie water, ½ koppie olie (125 ml) en 1 teelepel suurlemoensap of asyn goed saam.
Klits die 2 eierwitte apart tot lig en skuimerig.
Voeg die eiergeel-, melk-, water- en oliemengsel by die droë bestanddele en roer goed saam.
Vou laastens die geklitste eierwitte liggies by die beslag in.
Bak die pannekoeke in ’n warm pan en geniet! 🥞




Comments