top of page

Custard Slice-resep

Bestandele

  • 2 velle puff pastry, ontdooi

  • ⅔ koppie custardpoeier

  • ⅔ koppie suiker

  • 2 teelepels vanieljegeursel

  • 1 liter melk

  • 1 eier

  • 50 g botter


Vir die icing:

  • 2 koppies versiersuiker

  • 25 g botter (kamertemperatuur)

  • 4–5 eetlepels kookwater

  • 1 eetlepel kakaopoeier


Metode

  1. Voorverhit jou oond na 220°C (fan bake).

  2. Plaas die puff pastry velle op ’n bakplaat, prik dit met ’n vurk, en bak 8 minute. Druk plat, bak weer 8 minute, druk nog plat en laat afkoel.

  3. Custard: Meng custardpoeier, suiker, vanielje en ½ koppie melk. Klits ’n eier met ½ koppie melk apart. Warm die oorblywende 3 koppies melk in ’n kastrol, voeg die custardmengsel by, laat kook, verlaag tot prut, roer ongeveer 5 minute. Voeg eiermengsel en botter by, roer 2 minute en laat afkoel.

  4. Druk een vel deeg in die bak. Giet die custard bo-oor, bedek met die tweede vel deeg, druk liggies plat.

  5. Icing: Sif versiersuiker in ’n bak, voeg botter en kookwater by, roer glad. Haal 3 eetl. uit en meng met kakaopoeier vir donker icing. Gooi wit icing bo-op smeer. Skep strepies icing bo-oor en gebruik ’n toothpick om die strepies te trek (skep ’n mooi patroon).

  6. Sit in die yskas vir minstens 5 uur of oornag om te stel. Sny in koue toestand met 'n skerp mes.


Eet en geniet. Mmm... Vrek lekker!



ree

 
 
 

1 Comment


prinstos
Sep 27

Melktert probeer dit is heerlik verby!

Like
bottom of page