Hertzoggies (my ma se resep)
- Vrek lekker
- May 25
- 1 min read
Bestanddele:
2 koppies meelblom
2 eetlepels suiker
½ koppie botter
3 eiers (geskei)
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Metode:
Sif al die droë bestanddele saam en vryf botter in.
Maak mengsel aan met gele van eiers.
Indien te droog, voeg bietjie melk by.
Laat afkoel en rol uit.
Druk af en vorm.
Sit in kolwyntjiepanne en sit appelkooskonfyt in.
Bo-op mengsel:
¾ koppie suiker
2 koppies klapper
Die wit van 4 eiers
➡️ Klop goed en sit bo-op konfyt.Bak tot goudbruin vir ongeveer 15 min (180°C / 375°F)

Comments