Ouma se Karringmelk Beskuit
- Vrek lekker

- 5 days ago
- 1 min read
’n Regte plaasbeskuit – bros, geurig en gemaak soos net Ouma dit kon maak.
Bestanddele
2 kg bruismeel
2 teelepels sout
2 teelepels bakpoeier
500 g baking margarine
2 koppies suiker (±500 g)
4 eiers
500 ml karringmelk
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng die bruismeel, sout en bakpoeier saam in ’n groot bak.
Vryf die margarine met jou vingerpunte by die meel in tot dit mooi krummelrig is.
Klits die eiers, suiker en karringmelk saam tot goed gemeng.
Maak ’n holte in die meel en voeg die melkmengsel by.
Knie die deeg deeglik tot ’n sagte, hanteerbare deeg.
Druk die deeg in ’n gesmeerde pan.
Bak vir ongeveer 1 uur teen 180 °C tot gaar.
Laat heeltemal afkoel.
Sny in beskuitvingers en pak op oondrakke.
Droog uit by 100 °C vir 1–3 uur tot mooi bros.
Ouma se Toets
As jy breek en die middel nie meer bonserig is nie, is die beskuit reg.




Comments