top of page

Souttert

Bestanddele

  • 2 blikke soutvleis óf tuna óf bacon

  • 3 eiers

  • 2 koppies melk

  • 1 koppie kaas (gerasper)

  • 2 eetlepels koekmeel

  • 1 ui (gekap)

  • Peper na smaak

  • Bietjie pietersielie

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ’n mengbak.

  2. Gooi in ’n gesmeerde oondbak.

  3. Sprinkel paprika oor indien verkies.

  4. Bak vir ongeveer 40 minute teen 200°C tot goudbruin en gaar.

“Mmm… Vrek lekker” en sommer lekker maklik 😋

 
 
 

Comments


bottom of page