Vrek Lekker Brownies
- Vrek lekker

- 7 days ago
- 2 min read
As jy lus is vir iets vinnig, maklik en vrek lekker, dan is hierdie brownies perfek šGeen ingewikkelde stappe nie, geen ure in die kombuis nie ā net ān sagte, fudgy brownie wat almal weer en weer gaan vra.
Die geheim?MOENIE oorbak nie! šDaai effense sag middel gee vir jou daai heerlike fudgy tekstuur wat brownies so lekker maak.
Hierdie resep is perfek vir:
Tee tyd ā
Skool happies
Naweek bederf
Roomys toppings šØ
Of sommer net omdat jy lus is vir sjokolade š
Bestanddele
250g botter of bak margarien
2 koppies suiker
4 eiers
1 teelepel vanilla essence
1 koppie kakao
1 koppie bruismeel
Knippie sout
1 koppie chocolate chips of gekapte sjokolade (opsioneel⦠maar VREK LEKKER š)
Metode
Voorverhit die oond na 180°C.
Smelt die botter.
Voeg suiker by en meng goed.
Klits eiers een vir een by.
Voeg vanilla by.
Sif kakao, bruismeel en sout by die mengsel.
Meng net tot alles mooi gemeng is ā moenie oormeng nie.
Vou chocolate chips in.
Gooi in ān gesmeerde bakpan.
Bak vir 25ā30 minute.
Belangrike Wenke š
ā Moenie oorbak nie.Die middel moet nog effens sag lyk wanneer jy dit uithaal ā dit gee daai perfekte fudgy tekstuur.
ā Laat dit afkoel.Die brownies set nog verder soos dit afkoel.
ā Bedien idees
Met vanilla roomys šØ
Sjokolade sous
Caramel sous
Of sommer net so met ān koppie koffie ā
Vrek Lekker Wenke š
Gebruik goeie kwaliteit kakao vir ān ryker smaak.
Gekapte sjokolade gee ekstra gooey stukkies binne-in.
Hou dit in ān lugdigte houer sodat dit lekker sag bly.
As jy hierdie resep maak, tag gerus vir Mmm⦠Vrek Lekker! šOns LOVE om julle baksels te sien š«





Comments