Vrek Lekker Fudge Cupcakes
- Vrek lekker

- Mar 22
- 1 min read
Bestanddele
Cupcakes:
1½ koppie koekmeel
¾ koppie suiker
1½ teelepel bakpoeier
Knippie sout
2 eiers
½ koppie melk
¼ koppie olie
2 eetlepels gesmelte botter
1½ teelepel vanilla
Icing:
125g botter (sag)
1½ koppie icing sugar
1–2 eetlepels melk
1 teelepel vanilla
Knippie sout
Topping:
Vrek Lekker fudge (in klein blokkies of gerasper)
Metode
Voorverhit oond tot 180°C.
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Voeg olie, botter en vanilla by en meng.
Meng droë bestanddele apart en voeg om die beurt by met die melk. Moenie oormeng nie.
Skep beslag in cupcake papiertjies (⅔ vol).
Bak vir 18–20 minute en laat afkoel.
Icing:Klits botter tot romerig, voeg icing sugar, vanilla, melk en sout by en meng tot glad.
Versiering:Smeer ’n ligte lagie icing op elke cupcake en versier met jou gunsteling fudge – gerasper of in klein blokkies.





Comments