top of page

Vrek lekker Karamel- en Room Rolkoek

Bestandele:

  • 4 eiers

  • ½ koppie strooisuiker (castor sugar)

  • 5 ml vanieljegeursel

  • Knippie sout

  • ¾ koppie koekmeel

  • Strooi suiker om oor te strooi

  • Karamel (blikkie karamel kondensmelk of selfgemaak)

  • Styfgeklopte room


Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.

  2. Klits die eiers, strooisuiker, vanieljegeursel en sout saam totdat dit lig, romerig en skuimerig is.

  3. Sif die koekmeel en vou dit stadig en versigtig in die eiermengsel in.

  4. Giet die beslag in 'n gesmeerde en uitgevoerde plat bakplaat. Versprei egalig.

  5. Bak vir 10–12 minute totdat die koek gaar en lig goudbruin is.

  6. Berei intussen die karamel en klits die room styf.

  7. Strooi 'n klam vadoek goed met castor sugar.

  8. Keer die warm koek versigtig op die suikervadoek uit. Trek die bakpapier (indien gebruik) liggies af.

  9. Smeer dadelik die koek met karamel en 'n laag styfgeklopte room.

  10. Rol die koek versigtig op met behulp van die vadoek.

  11. Strooi ekstra castor sugar bo-oor vir ‘n mooi afwerking.

  12. Laat afkoel en bêre in die yskas tot benodig. (Indien nie dadelik bedien nie.)


Geniet hierdie heerlike rolkoek as 'n spesiale bederf!


Mmm... Vrek lekker!





 
 
 

Comments


bottom of page