Vrek lekker Melktert en Tertkors
- Vrek lekker

- Sep 25
- 1 min read
Ouma se melktert Vulsel
Bestanddele:
1 liter melk
60g margarine of botter
3 eiers geskei
200ml suiker
80ml meel
80ml maizena
Metode"
• In ’n pot op die stoof gooi in melk en botter. Kook dan tot
kookpunt.
• In ’n bak meng eiergele , suiker , meel en maizena met
’n bietjie melk. Ouma meng hom met die klitser dan is hy
lekker fluffy.
• Gooi dan die mengsel by op die stoof. Kook dan tot gaar.
Hy raak ’n dik mengsel.
• Klits dan eierwitte en vou by.
Hierdie melktert vulsel kan gebruik word in doppies of in kors.
’n Vinnige kors sal natuurlik wees om tennis koekies fyn te
maak en te meng met botter. Plat gedruk in ’n tertbak.
Ouma Silly se soet/sout kors kan ook gemaak word.
Ouma se kors soet of sout
Bestanddele:
2 koppies meelblom
250g margarine
1 eiergeel
2 teelepels asyn
4 eetlepels yswater
Metode:
• Vryf margarine liggies in meelblom.
• Klits vloeistof saam.
• Maak deeg met mes aan.
• Rol uit vir gebruik vir hand tertjies of melktert.
• Bak dan vir 10 minute in die Airfryer of 15-20 minute in
die oond tot bruin.





Comments