top of page

Vrek Lekker Pampoen Koekies

Bestanddele:

1 koppie meel

1 koppie gekookte pampoen

2 teelepels bakpoeier

2 eetlepels maple stroop

1 eier

60ml melk

1/2 teelepel kaneel

Knippie sout


Sous bestanddele:

2 eetlepels botter

1/2 koppie goue stroop

80ml suiker

1 teelepel vanilla essence

Knippie sout

50ml room


Metode:

• Maak eers pampoen gaar. Mash dan fyn.

• Gooi in bak - meel, pampoen , bakpoeier, maple stroop, eier,

melk, kaneel en sout. Meng goed saam.

• Hierdie beslag kan gemaak word as ’n plaatkoekie of in olie.

As dit reg is word die koekies in bak geplaas. Maak dan sous en

gooi oor.


Sous:

• In ’n pot op stoof kook saam - botter, goue stroop, suiker,

vanilla essence en sout. Meng goed saam en voeg dan room

by.

• Kook vir ongeveer 10 min. Kyk net dat dit nie vasbrand of

oorkook nie.


ree


 
 
 

Comments


bottom of page