Vrek Lekker Sago Poeding
- Vrek lekker

- Jan 15
- 1 min read
Hierdie resep is vrek lekker en maklik – sonder fieterjasies, net soos ouma dit gemaak het.
Dis ’n eenvoudige sago poeding wat altyd werk. Ek weet daar is mense wat graag konfyt bo-oor smeer, maar ons hou nie daarvan nie. As jy wel van konfyt hou, is jy natuurlik welkom om dit bo-oor te smeer – elkeen maak mos maar soos hy daarvan hou 😊 Sago Poeding
Bestanddele
1 koppie sago
2 koppies water
1 liter melk
6 eiers (geskei)
2 koppies suiker
125 g bakmargarien of botter Metode
Gooi 1 koppie sago en 2 koppies water in ’n bak en laat staan totdat die sago die water opgeneem het (soos melk gekook het).
Verhit 1 liter melk in ’n pot op die stoof en bring tot kookpunt.
Terwyl die melk warm word, skei die 6 eiers.
Klits die eiergeel goed.
Klits die eierwitte styf en sit eenkant.
Sodra die melk kook, dreineer die sago en voeg dit by die melk.Roer aanhoudend sodat dit nie klonte maak of aanbrand nie.
Wanneer die sago deurskynend is, voeg die 2 koppies suiker en 125 g botter of bakmargarien by. Roer goed.
Skakel die plaat af en haal die pot van die stoof af.
Voeg nou die geklitste eiergeel by en meng vinnig en deeglik.
Vou laastens die styfgeklitste eierwitte liggies by.
Skep die mengsel in ’n groot oondvaste bak.
Bak by 180 °C vir 20–30 minute, of tot die bokant goudbruin is.
👉 Airfryer-opsie:Bak in die airfryer vir ongeveer 15 minute, of tot mooi goudbruin bo-op.





Comments